top of page
Logo Full_edited_edited_edited.jpg

Rekenmeesters firma 
volledige rekeningkundige dienste 

 

BR Rekenmeesters, is die perfekte plek vir jou al jou rekeningkundige en finansiële behoeftes.  Ons verskaf pasgemaakte dienste vir die individu en besighede van alle groottes.

Kies EEN FIRMA wat na al jou rekeningkundige en finansiële
behoeftes omsien, als 
op een plek.

Ons 
STORIE
 

Mnr JP Botha het die firma begin in Doornpoort, Pretoria, Gauteng. As die enigste klerk in die besigheid, het hy ‘n sterk fondasie gebou vir die groei van die firma. Sy toegewydheid om kwaliteit rekeningkundige dienste te lewer vir sy kliënte het daartoe gelei tot die suksesvolle groei van die praktyk tans in Montana, Pretoria, Gauteng. Mnr. Botha het talle rekeningkundige kwalifikasies bekom deur die jare, en was ook gedurende 2004-2005 President van SAIPA.

Gert en Celeste Barnard, vennote van die besigheid, het albei gegradueer met Honnuersgrade aan die Universiteit van Potchefstroom en het hulle klerkskap begin onder leiding van Mnr. Botha. Beide is geregistreer by SAIPA (South African Institute of Professional Accountants). Celeste het vêrder studeer en haar Meestersgraad verwerf in Suid-Afrikaanse en Internasionale belasting dienste. Gedurende 2006-2008 asook 2012-2014 was sy Voorsitter van die SAIPA Jakaranda Streek. Gert is geakrediteer by SAGE as ‘n “Pastel Partner technician”, ‘n SAGE One Accounting adviseur asook ‘n XERO gesertifiseerde adviseur. Ons huidige status by XERO is silwer. Rochelle het gegradueer by Universiteit van Noordwes, aangesluit by die span, haar klerkskap voltooi en ook lid geword van SAIPA (South African Institute of Professional Accountants). Die firma was een van die eerste geregistreerde opleidingsentrums van SAIPA (South African Institute of Professional Accountants), (ATC005) onder leiding van Mnr JP Botha. Gedurende 2010 is die firma verdeel in onderafdelings en BR REKENMEESTERS is gebore.

BR REKENMEESTERS, die vernaamste keuse vir al u rekeningkundige behoeftes.  ‘n Eenstop diens om ons kliënte te bedien met die hoogste kwaliteit persoonlike diens.  Ons bied ‘n wye verskeidenheid dienste insluitdend belastingadvies, rekenmeesters vir trusts, bystand, maandelikse salarisse, finansiële state, finansiële advies, waardasies en registrasies.

 

Ons ervare, professionele span is hier om u te lei in die vinnige veranderde wêreld van rekeningkunde, en te help om goeie ingeligte finansiële besluite te neem. 

 

Of u ‘n nuwe besigheid wil begin, of ‘n bestaande besigheid wil uitbrei, ons span is u geloofwaardige vennoot.

Ons
STORIE
vandag...

Logo Full_edited_edited_edited.jpg
Group photo of BR Rekenmeesters staff

Ons 
SPAN

Ons firma glo in die krag van spanwerk en is passievol oor rekeningkunde.  Om te verseker dat ons uitstekende leiding en opleiding aan ons spanlede verskaf, is ons geaffilieër by: 

SAIPA (South African Institute of Professional Accountants).

Graduates

Stel u belang om deel te word van ons span?

Het u die volgende kwalifikasies?

'n Graad in:

-    Bcom Rekeningkunde
-    Honnuers Rekeningkunde
 
Of
 
Minimum kwalifikasies:
-    Rekeningkunde III
-    Belasting en finansiële bestuur
 
Ons sien uit om jou te ontmoet!

Ons verstaan dat rekeningkunde meer as net syfers behels.

Dit is belangrik vir ons om betekenisvolle verhoudings te bou met ons kliënte, asook ons personeel.

Celeste Barnard

Celeste Barnard

Ek is die eerste persoon wat u gaan ontmoet. U kan verseker wees dat u die beste raad en bystand sal verkry om 'n oop pad te bied vir u finansiële beplanning en behoeftes. Ek neem tyd om elke kliënt persoonlik te leer ken. Om saam met u, u doelwitte te bereik pas ons ons dienste aan om by elkeen se persoonlike behoeftes te pas. U kan verseker wees dat u in veilige en bekwame hande is hier by BR Rekenmeesters. M.Comm (SA & Int. Belasting) Honns. BComm, Professional Accountant (SA) Voorsitter SAIPA Jakaranda 2006-2008 & 2012-2014

Gert Barnard

Gert Barnard

In samewerking met Celeste vorm ons saam ‘n gedugte span wat omsien na ons kliënte se rekeningkundige behoeftes. Ek bied ekstra ondersteuning vir ons kliënte se daaglikse rekeningkundige werk. BR Rekenmeesters maak gebruik van sagteware pakette soos Xero en SAGE accounting om ons kliënte se maandelikse rekeningkundige rekords op te skryf. Ek is geakrediteer en gesertifiseer vir verskeie rekeningkundige pakkette: Xero, Sage One accounting, FNB instant accounting en Quickbooks. Honns. BComm, Professional Accountant (SA) SAGE Pastel Partner, Tegnikus SAGE One Accounting, Adviseur XERO, Adviseur

Rochelle Geldenhuys

Rochelle Geldenhuys

Na my klerkskap by BR Rekenmeesters, het ek aangebly as 'n gekwalifiseerde rekenmeester. My verantwoordelikhede is die toesighouding oor alle klerklike werk en maak seker dat ons daaglikse take verloop glad en akkuraat. Dit is vir die praktyk belangrik om opleiding en bystand van ons personeel te bied, waar nodig. Ek is passievol oor rekeningkunde en streef daarna om die bes moontlike diens te lewer aan ons kliënte. Met my jare se ondervinding kan ek met selfvertroue die hoogste kwaliteit diens lewer. Honns. BComm, Professional Accountant (SA) Lid van SAIPA

Ons
DIENSTE

  • Rekeningkundige dienste: Finansiële state 

  • CIPC:  Administrasie dienste

  • Finansiële advies

  • Belasting advies

  • Voltooiing van belastingopgawes:  Individue, maatskappye en trusts

  • Belasting registrasies

  • Sagteware bystand Xero, Pastel en SAGE

  • Besigheidsplanne

  • Maandelikse salaris, BTW en LBS, berekenings

IMG_7838_edited.jpg

Wat ons kliënte sê

Logo Full_edited_edited.jpg

Hoe kan ons help?

Logo Full_edited_edited.jpg

Dankie vir jou boodskap!

bottom of page